Wat gebeur en wat hulle dit noem

26 10 2007

Laasweek ‘n storie in The Economist gelees. Dit gaan oor oliepryse, en , soos wat hulle maar maak, gee hulle die verduideliking in terme van politiek – Kurde, Turke, Iraniërs (of is dit Iranese?), en Arabiere. Die BBC praat ook vandag van “tension in the Middle East” om te verduidelik hoekom die olieprys nou op $92 staan. Dan, bietjie verder sê The Economist: “Copper, lead, soyabeans, wheat, cotton, coffee, cocoa and feeder cattle have all registered double-digit percentage gains this year.” Pryse is in dollars.

Soos ons weet val die dollar teen die euro ook (laagste vlak vandat die euro bestaan), en is hy op sy laagste vlak teen die pond in 26 jaar.

Al ding, blykbaar, wat nie in dollar-terme duurder word nie is arbeid: nadat dit vir tien jaar op $5.15 ‘n uur gestaan het is die minimumloon in Amerika in Julie met 70 Amerikaanse sent ‘n uur verhoog, en die plan is om dié loon teen 2009 op $7.25 te hê, alhoewel enige nuwe wetsontwerp in Congress dié verhoging kan kanselleer. Baie mense in Amerika werk teen die minimumloon. Van 2004 tot 2006 het die gemiddelde loon teen 0.2% minder gegroei as verbruikerspryse… en inflasie gaan waarskynlik styg met al dié oliestories.

So alle dinge in Amerika wat kapitaal verteenwoordig word meer werd in terme van arbeid, en bevoordeel dié wat besit bo dié wat werk. Dis ‘n genaaiery man.





blogstories

28 09 2007

stage fright.